
Huisgenoot
10 April 2025Huisgenoot is 'n Afrikaanse gesinstydskrif met 'n unieke redaksionele samestelling. Ons dek onderwerpe so wyd soos onder meer menslike dramas, die doen en lates van glansmense, Afrikaanse musieknuus, mediese en wetenskaplike ontdekkings, nuus van algemene belang, verbruikersake, mode- en glansartikels, fiksie, sport, motornuus, handwerkartikels, resepte, tuis- en skoolprojekte, blokkiesraaisels en opwindende wedstryde.
MENINGS OOR STORIES OP HUISGENOOT.COM
1 DOZI OP 61: ‘EK HET MYSELF WEER GEVIND’ Ná een liefdesteleurstelling te veel het hy ophou soek. Hy fokus nou op homself en dit maak hom gelukkiger. En hy’s steeds op die waterkar, sê hy Ek is bly vir jou, Dozi. Ek het baie jare gelede in ’n kroeg in Bloemfontein na jou geluister. “Ou ryperd” was my lied. Jare later, by ’n vulstasie op Mooirivier, het ons weer gegroet. Ek hoop jou binneste het bedaar. JACKIE Jy lyk vir my nou weer so gelukkig in jouself. Weet net, eendag gaan daar nog ’n wonderlike vrou oor jou pad kom. En die dag wanneer dit gebeur, is die dag wanneer jy sal weet jou soektog na haar is eindelik verby. RIEKIE Dozi, jy is en was nog altyd so vrien delik.…
AFRIKAANS ET CETERA
Nadat Guillaume le Conquérant in 1066 Engeland oorgeneem het, was Frans 300 jaar lank die amptelike taal van hulle eiland. Engels het gechill. Hy’t lang wandelings deur die platteland gevat. Hy’t geëksperimenteer in die kombuis (en in die slaapkamer). Hy’t geskilder en pottebakkery gedoen. In ’n neutedop: Engels het sy boudspiere ontspan. Die gevolg? Hy’t die borstrok van Germaanse tale afgeskud. Jip, hy’t opgehou om allerhande woorde vas te skryf aan mekaar. Want, genade tog, hoe moeilik is dit nie! Samestellings: Huisgenoot leser. Samestellende samestellings: Huisgenootleserafslag. Afstandkoppels: Huisgenoot-lesersgunsteling- bekostigbare familiemotor. Ons sien mos elke dag hoe Afrikaanse mense skryf, en ons kan rapporteer: As ons hier by die tydskrif nie die woorde op aandag laat staan in netjiese rye nie, sal hulle in hulle civvies voor julle opdaag. Ongekunsteld, onbevange en…
DIE SANGER EN KITAARSPELER ERIC CLAPTON
SELDE was daar soveel tragedie in ’n trefferliedjie opgesluit: Would you hold my hand, if I saw you in heaven? Would you help me stand, if I saw you in heaven? Met “Tears in Heaven” het Eric Clapton sy pyn uitgedruk nadat sy vierjarige seun, Conor, 53 verdiepings uit ’n woonstelvenster in New York geval het. Maar Conor se dood in 1991 was ook ’n keerpunt in die kitaarlegende se wilde lewe van verslawing en veelwywery: “Clapton het grootgeword,” skryf sy biograaf, Philip Norman. Eric is op 30 Maart 1945 in Ripley, Surrey, gebore uit ’n Kana-dese soldaat se verhouding met sy 16-jarige ma. Kleintyd is hy vertel sy ouma en oupa is sy “ouers” en sy ma sy “ousus”. As kind was hy geweldig onseker. Toe gee iemand hom…
DANELLE DREYER OOR HAAR MAN, CLINTON
HY WAS my baas se baas. Ek’s ’n bemarkingsmeisie en hy ’n legendariese verkoopsbestuurder by SAB in Vereeniging. Ek het al baie van hom gehoor, dié man wat ys aan ’n Eskimo kan verkoop, en hom toe eenkeer by ’n house-warming ontmoet. Ek het gedink: “O, dis jy, dié Clinton.” Hy het toe al ’n paar verdwaalde vlinders in my maag laat rondvlieg, maar die tydsberekening was nie reg nie. Die lewe moes eers ’n paar draaie met my stap. Ek is Skotland toe vir werk. Daarna is ek Engeland toe, waar ek ’n verhouding met ’n Namibiese man aangeknoop het. Ons was drie jaar lank saam, baie verlief en het later in sy geboorteland ’n lewe ingerig. Die lewe was mooi en ek het swanger geraak met tweelingseuns, maar…
FLITSVRAE: ANNETTE BOTHA
Wanneer en waar was jy op jou gelukkigste? Wanneer ek in my man se oë kan sien hoe lief hy my en ons babadogtertjie het. Wat is die ding wat jy die meeste in mense bewonder? Hulle vertroue in die Here se plan met hulle lewe. Wat kan jy nie verduur nie? ’n Pessimistiese mens. Wat is jou diepste put van ellende? Geduld. Ek het laaste in die ry gestaan toe God geduld uitgedeel het. Wie is of was die liefde van jou lewe? Dewald Botha, my man. Wie of wat sou jy in jou volgende lewe wou wees? ’n Vlieg teen die muur, lol! Ek is ’n baie nuuskierige mens. Maar nee, ek sou nie eintlik iemand of iets anders wou wees nie. Ek leer steeds myself ken met…
DIE TASSIE VOL ISSIE WAARHEID
POPPIE het nie saam gaan swem op die dag wat haar niggies vermoor is nie. As sy het, sou haar seun, Willem, seker nooit 60 jaar later die tassie kon oopmaak met die krapperige videomateriaal wat wys waar hulle lyke op ’n somermiddag in 1966 gekry is nie. Een van die eerste dinge wat Willem van der Merwe jou vertel as jy hom leer ken, is dat hy van Odendaalsrus af kom. Sy ma en pa het daar grootgeword, en deel van hulle storie is dat die gebeure van destyds ’n letsel op elkeen gelos het. Dit het deel geword van wie hulle is. Willem is ’n man wat goed kan dans en dikwels en uitbundig lag. Hy’s die soort mens wat sy sinne begin asof elkeen gaan eindig met…