
SARIE KOS
Apr - Jun 2025SARIE KOS gaan oor kos wat die mond laat water en is trots SA. Die tydskrif is vir enigeen wat geïnspireer word deur smake en geure, wat geliefdes wil bederf met geregte so reg uit die hart. G’n fieterjasies of aansitterigheid nie, net goeie, eerlike kos en gesonde idees vir almal wat die wêreld van kos wil ontdek en die heilsaamheid daarvan wil geniet.
ONS WÊRELD
Voeg ’n bietjie natuur en karakter by jou ruimte met hierdie unieke kunswerke. Van Maya tot Paradise Bird Fiji en Gili, elke stuk in die reeks is besonders. Boonop is dit gemaak van herwinde materiale en kom dit met maklike instruksies om als aanmekaar te sit. Studio ROOF se produkte, vanaf R499, is beskikbaar by yuppiechef.com Slukkie olyfolie vir jou? TikTok-smaakmakers slaan glasies vol olyfolie weg en besing die gesondheidsvoordele daarvan, onder meer vir ’n mooi vel. Ekstrasuiwer olyfolie ís gesond. Enige soort vet bevat egter baie kilojoules en kan jou gewig laat aansit. Klein hoeveelhede by jou kos is ’n meer gebalanseerde – en lekkerder – manier om gesonde vette in te kry. ’n Hand vol olywe het boonop baie vesel, ’n bykomende voordeel LIG DIE PINKIE Die geur…
KOM SIT, EK HET TEE GEMAAK!
Wat is dan nou beter as die belofte van lekker lank sit en gesels oor ’n koppie tee en goeie gebak? Hierdie herfs sê ons maak weer tyd vir jouself en jou geliefdes en vier die goeie dinge in die lewe met plesiere uit die kombuis. Party soos ons dit onthou, ander met nuwe oë gebak. In hierdie uitgawe deel ons 10 koekieresepte uit Herman se kombuis, daai koekies wat sy ma vir hom gebak het en as ’n drukkie die langpad Kaap toe gestuur het as die verlange ver van die huis vlak lê. Gepraat van Ma, dis mos Moedersdag en nog ’n dag waarop jy die kans kry om vir jou ma te sê hoe lief jy vir haar is. Pak vir haar ’n skinkbord en geniet ontbyt…
Brêkfis in die bed!
LEES MEER OOR • Vroulike mode vir Ma• Resepte vir ontbytbederf• Dek ’n mooi skinkbord Kamer manewales Dis jóú dag! Laat die kind in jou wakker word met die mooiste en gemaklikste pajamas. Ligpienk blompatroon-pajamastel van katoen (R899), Poetry. Diamanté-en-kunspêrel-armband (R320), Lovisa. Skone slaapster (vorige bladsy) ’n Satyn- of sy-slooprok is immer in die mode, en ’n soortgelyke snit werk net so goed vir luuks slaap. Vir jou spesiale dag, dra ’n kunspelsjas pleks van ’n kamerjas bo-oor. Roomkleurige satynrok met fyn blompatroon (R899), Zara. Karamelkleurige kunspelsjas, stilis se eie. Diamanté-halssnoer (R400), kunsdiamant-oorbelle (R300) en kunspêrel-en-diamanté-ring (R360), alles van Lovisa. Frans die goldendoodle dra ’n kunspêrelhalssnoer (R300) van Lovisa. Hartjieroosterbrood met spek en uiemaaskaas As jy met kos wil sê wat woorde nie kan nie, is hierdie resep vir jou.…
OP RYS!
LEES MEER OOR • Ken jou soorte rys• Só kook jy dit perfek• 6 anderste resepte Groenterys met eier Ek reis gereeld Mauritius toe, dis al amper soos my tweede huis. Hierdie rysbakkies word daar voorgesit en hulle noem dit die suprise bowl: Die bakkie daag by jou tafel op en word dan omgekeer. Hier is my weergawe vir die herfs. GENOEG VIR 6 SOUS 30 ml olyfolie RYS groot skeut olyfolie plus ekstra vir braai Maak eers die sous Verhit ’n middelslagpot oor hoë hitte tot warm en voeg olyfolie, uie, gemmer en knoffel by. Roerbraai 2-3 minute of tot uie begin verbruin. Voeg kerriesmeer by en braai nog 1 minuut. Voeg klappermelk by en meng deur. Laat kook tot volume met ’n derde verminder het. Verwyder van hitte,…
Tee met Carmen
LEES MEER OOR • Haar missie: gesonder kos• Afrikaanse kookboeke se storie• Resep vir vark-oondbraad 1 Wie is Carmen Niehaus? Wat maak haar steeds opgewonde? Ná al die jare sien ek steeds met kinderlike opgewondenheid uit na elke kos-shoot wat ek het. Om mooi prentjies van lekker kos te maak was nog altyd vir my die lekkerste lekker, maar ook ’n uitdaging, veral as daar een is wat jou so ’n bietjie opdraand gee. Net so opwindend is om uiteindelik met ’n “wenresep” in die hand te sit nadat jy dit menigmale uitgetoets het om by die regte smaak en tekstuur uit te kom. Ek het so ’n paar resepte wat ’n “ongoing task” is waaraan ek deurentyd werk en skaaf. Maar om die lewe voluit te leef maak my…
Moenie skaam wees nie!
Die oplewing in die gewildheid van die vis is te danke aan drie uiteenlopende faktore. Eerstens het Portugal se reuse-groei as toeristebestemming die laaste paar jaar die land se kos in die kollig geplaas. In 2023 het die tydskrif Bon Appétit Portugese kos as een van die groot nuwe trends in die koswêreld bestempel. Hoewel die sardien sy naam kry van die Italiaanse eiland Sardinië, is die vis meer sinoniem met Portugal, waar selfs toprestaurante sonder skroom die geblikte vorm gebruik. Daar ontmoet toeriste geblikte sardiens (sardines) en sardyne (pilchards) in pragtige verpakkings, ingemaak in hoëgehalte-olies, dikwels met speserye, piekels of rissie. Só word veral Amerikaners, wat voorheen die smaak te sterk gevind het, verlief op die vissies. Die tweede rede waarom dit tans so gewild is, is omdat geblikte…