
Idees
Autumn 2025By Idees gaan alles daaroor om jou wêreld mooi te MAAK. Met hope kreatiewe inspirasie, vars idees, maklike projekte en stap-vir-stap-aanwysings is hierdie die moet-hê-gids vir handwerkers, naaldwerkers, makers, kokke en selfdoen-huismooimakers.
VAN DIE REDAKTEUR
Ek weet nie van julle nie, maar ek raak beslis luier in die winter. Om myself soos ’n papie toe te wikkel in ’n warm kombers en ’n boek te lees of fliek te kyk, is net baie aanlokliker as om dalk ’n yskoue vinger met ’n hamer raak te kap terwyl ek los takies in en om die huis doen. Só het die herfs oor die jare my voorbereidingstyd vir die wintermaande geword. Maak solank die aftreksel vir die sop en vries dit en was die opgerolde mat terwyl daar nog genoeg son is. Dit is so ’n bietjie soos ’n swanger vrou wat nesskrop voor die baba kom. Maar dis baie meer as ’n persoonlike keuse. Moeder Natuur besluit wanneer daar mildelik vir ons gegee word en wanneer…
HOEKIE VIR EET
SAG EN ROMANTIES Die houtvloer skep dadelik ’n knus gevoel in hierdie eethoekie in die kombuis. Die wit mure, kombuiskaste en rakke hou die voorkoms vars. Groot, oop glasvensters laat hope natuurlike lig die vertrek inkom. Die wit tafeltjie met sy fyn gehekelde tafeldoek bring ’n gevoel van nostalgie na die ruimte. Rond dit af met witgeverfde Bentwood-stoeltjies, hulle is geredelik beskikbaar by tweedehands- en antiekwinkels. Skuur die stoele af, gee dit ’n goeie onderlaag en verf dit dan met emaljeverf. Bring ’n bietjie kleur in met bykomstighede soos die borde en potjies op die rakke. En natuurlik rond ’n bos blomme die prentjie mooi af. VARS EN SKOOK Wit is altyd ’n goeie wegspringplek omdat dit by soveel dekorstyle kan werk. Hier is die vloer, mure en kombuiskaste wit…
PRENT JIE-PERFEKSIE
NET SOOS KUNS Ons het inspirasie in die Verre-Ooste gaan soek en ’n kombinasie van Japannese en Koreaanse kunswerke asook vintage Sjanghai-plakkate gebruik om op ons lap te druk. Jy kan die afdrukke op hierdie blaaie vir jou projekte gebruik. TEEN JOU MUUR Hang ’n mooi gedrukte lap teen ’n muur om ’n fokuspunt te skep. Jy kan dit ook as oorgooideken gebruik. Lap gedruk deur Alma Thomas Studio. ROMANTIESE GORDYN Ons het ’n afdruk van ’n pragtige Chinese vrou op ’n gordyn van chiffonmateriaal laat druk om as ’n kamerverdeler te gebruik. Lap gedruk deur Smart Art (smartart.co.za). MOOI GERAAM Raam van die afdrukke op hierdie blaaie en kikker ’n vaal muur daarmee op. Dink aan interessante maniere om prente op te hang - soos met dié pragtige ou…
BOTTEL DIE SEISOEN SE BESTE
KIMCHI Hierdie pikante Koreaanse bykos (banchan) is propvol geur en baie gesond. Die lakto-fermentasieproses verander die groente in ’n bykos wat ryk is aan probiotika. Sit dit voor met geroosterde of gebraaide bees- of varkvleis, of saam met Oosterse geregte. Maak: 2 middelslag-glasflesse Bereidingstyd: 45 minute, plus weeken fermentasietyd Gaarmaaktyd: 5 minute ♥ 1 groot Chinese kool ♥ 60 ml seesout (sonder bygevoegde jodium) ♥ 30 ml koekmeel ♥ 1 middelslag-daikonradys, geskil (of gebruik 6-8 klein pienk radyse) ♥ 1 wortel, geskil ♥ 6 sprietuie, skoongemaak en in 5 cm-stukke gesny ♥ 5 ml suiker ♥ 3 knoffelhuisies, fyngedruk ♥ 15 ml gerasperde vars gemmer ♥ 30 ml paprika ♥ 30 ml droë brandrissievlokkies ♥ 30 ml vissous 1 Sny die punte van die kool af en sny dit dan…
MAAK JOU EIE RICOTTA
RICOTTA Maak: omtrent 1 koppie ♥ 1 liter vars melk (nie langlewemelk nie) ♥ 250 ml room ♥ sap van 2 klein organiese suurlemoene Voer ’n sif uit met kaasdoek (moeselien) en plaas dit oor ’n diep bak. Gooi die melk en room in ’n kastrol en verhit dit oor matige hitte tot omtrent 90 ºC terwyl jy dit gereeld roer. Verwyder dit van die hitte en voeg die suurlemoensap by. Roer dit liggies deur. Gooi die mengsel in die kaasdoek en laat dit vir omtrent 1 uur staan om te dreineer. Bind die kaasdoek toe en hang dit 10-15 minute op sodat nog van die wei kan dreineer. Hoe langer die kaas dreineer, hoe droër sal dit wees. ❁ Ricotta is ’n baie veelsydige bestanddeel wat in soutige geregte…
DROOG MAAR LEKKER
BORDUURRING-HANGER Kry ’n borduurring in jou naaldwerkkamer, ’n rolletjie tou en wasgoedpennetjies om dié droograk te maak. MOEILIKHEIDSGRAAD: maklik TYD: omtrent 1 uur JY BENODIG ♥ vars gesnyde kruie uit jou tuin ♥ borduurring (die binneste heel ring) ♥ houtwasgoedpennetjies ♥ tou SO MAAK JY 1 Sny drie ewe lang stukke tou wat langer as 30 cm is en bind dit ewe ver uit mekaar aan die borduurring vas. Knoop die punte saam. 2 Bind die kruie in klein bondeltjies vas – jy kan die kruie meng, of ’n bondeltjie van elke soort maak. Gebruik die wasgoedpennetjies om die kruiebondels mooi eweredig aan die borduurring vas te knyp. Hang dit op om droog te word. DROOGKRAT Gebruik ou houtkratte om jou kruie te droog - dis ’n slim manier om…